Daisy is as babahondjie in die strate van Bellflower in Kalifornië deur ’n amptenaar van die plaaslike dieresorgvereniging gevind. Omdat sy egter so gebreklik was, het hulle besluit om haar uit te sit. Net ’n paar oomblikke voor haar finale ure aangebreek het, het ’n vrywilliger ingegryp en haar aangeneem. Daisy, soos sy intussen gedoop is, het begin leer om op haar agterbene klaar te kom. Sy sou hop-hop van een plek tot die volgende spring.
Maar vir haar nuwe familie was dit nie genoeg nie. Hulle wou graag vir Daisy so ’n normale hondelewe as moontlik gee. Hulle het eers probeer dat Daisy met die hulp van ’n klein rolstoeltjie te beweeg, maar dit het spanning op haar rug geplaas.
Daisy (nou vyf jaar oud) het ’n paar maande gelede twee spesiaal-vervaardigde prostetiese hondebene ontvang. Haar eerste tree was maar wankelrig en dit was ’n groot aanpassing om op haar nuwe ‘voorpote’ te probeer loop. Ná ’n paar weke van ongemaklik rondval, het Daisy haar balans gevind. Gou het ’n stappie in hardloop ontaard. Die gelukkige uitdrukking op haar gesig terwyl sy vir die eerste keer hardloop is op kamera vasgelê.

Dit sal enige hart smelt, of jy ’n hondeliefhebber is of nie!

Kyk hier na hoe Daisy vir die eerste keer hardloop:

Bron: Earthables; Underbite Unite