'n Jong paartjie van Texas in Amerika het 'n prettige manier bedink om die nuus van grootouerskap bekend te maak

Die komediant Jimmy Fallon se "Fluister-uitdaging" het in die verlede al vele komiese oomblikke tot gevolg gehad.

Dit het hierdie jong paartjie geïnspireer om dieselfde speletjie met hul ouers te speel toe hulle die aankoms van 'n kleinkind wou aankondig.

Die moeilike deel van die speletjie is dat iemand oorfone moet dra wat alle omgewingsgeraas uitskakel, want musiek word kliphard deur die oorfone gespeel. Die persoon moet dan probeer uitwerk wat aan hom of haar gesê word.

Dis presies wat die onwetende oupa moes deurmaak - en hy kan eers die oorfone verwyder as hy dink hy het die regte antwoord.

Sy vrou het dit vinniger gesnap, maar kyk net die twee se kostelike reaksie toe die boodskap van komende grootouerskap behoorlik ingesink het.

Bronne: YouTube, huffingtonpost.com, yahoo.com