TygerBurger berig die uitvoerende hoof van Lanzerac Hotel & Spa, Winston Cowie, was bitter hartseer oor die gebou wat ’n vlammedood gesterf het.

Hoewel peperduur meubels en skilderye nou alles verlore is, is die gebou egter nie die oudste op die landgoed nie – Lanzerac Manor House is eeueoud en boonop reg langs die gebou wat afgebrand het.

’n Gas op die toneel het aan TygerBurger vertel hulle het ’n ontploffing gehoor, maar die oorsaak van die brand moet nog ondersoek word.

Kyk hier na die dramatiese toneel wat hom Sondag in die vroeë oggendure op die landgoed afgespeel het:

Bronne: TygerBurgerNetwerk24; Twitter