Die eerste lusmaker-lokprent van Donnalee Roberts en Ivan Botha se nuwe romantiese avontuurfilm Vir Altyd is pas uitgereik.

Vir Altyd is deur dieselfde span vervaardigers en skrywers as die immergewilde Pad na Jou Hart so paar jaar gelede. Hierdie keer vertrek Donnalee en Ivan op 'n avontuur na Mauritius.

Min besonderhede oor die presiese storielyn kan uit die nuwe lokprent afgelei word. Wat ons wel weet, is dat Donnalee die rol van Nina vertolk, terwyl Ivan die rol van Hugo speel.

Hoewel hierdie eerste video nog bloot 'n lusmakertjie is, kan kykers solank opgewonde raak vir die vollengte lokprent wat aanstaande maand uitgereik gaan word.

Vir Altyd sal betyds vir Valentynsdag 2016 op die silwerdoek wees en word op 12 Februarie 2016 uitgereik.

'n Boekweergawe, verwerk deur Francois Bloemhof vanaf Donnallee en Ivan se oorspronklike draaiboek, word ook aanstaande maand uitgereik.

Gaan loer hier na die lusmakertjie: