Die arme Mendelssohn sou sweerlik in sy graf omgedraai het, en daarna heel moontlik weggehardloop het, as hy hierdie trompetweergawe sou moes aanhoor. Van die eerste onseker noot tot die laaste asemteug is hierdie 'n weergawe wat jy liefs nie wil hoor wanneer jou groot dag aanbreek nie.

Verbasend lyk die gaste en bruid self nie té onsteld of geamuseerd met die trompetspeler se powere pogings nie.

Ons hou duimvas dat hierdie die enigste vals note op die paartjie se troudag was . . .

Bronne: thepoke.co.uk, YouTube