<iframe width="640" height="360" src="//www.youtube.com/embed/-fD26q965cw?feature=player_detailpage" frameborder="0" allowfullscreen></iframe>

’n Vrou wat naby die Olimpiese held Oscar Pistorius woon, het vanoggend in die Noord-Gautengse hooggeregshof getuig hoe sy die aand van 14 Februarie wakker geword het van ’n gil.

“Dit was bloedstllende gille; dis die soort goed wat ’n mens laat koud word. Jy kan dit nie verklaar nie. Ek het gedink dis ’n huisbraak,” het Michelle Burger gesê

Sy het getuig hoe haar man balkon toe gehardloop het om te kyk wat aangaan. Hulle het hul veiligheidskompleks, Silver Stream, gebel en gevra om die Silver Woods-landgoed se sekuriteitswagte te bel.

Pistorius het Reeva Steenkamp in dié landgoed geskiet. Die huise is 177 m van mekaar af.

Pistorius het vroeër vanoggend onskuldig gepleit op aanklagte van moord en drie aanklagte wat met vuurwapens verband hou. In sy pleitverduideliking het hy erken hy het Reeva geskiet omdat hy gedink het sy is ’n inbreker.

Adv. Gerrie Nel, die staatsaanklaer in die hofsaak, het gesê ander bure sal soortgelyke getuienis kom lewer en dat Burger hulle nie ken nie.

Die verdediging moet Burger nog kruisondervra; die verhoor duur voort.

- Herman Scholtz