Wat wou!

Roo, die oulike chihuahua met net twee agterbene is boesemvriende met Penny, die Silkie hoender. Dié tweetjies het mekaar ontmoet ná hul eienaar, Alicia Williams van Duluth in die Amerikaanse deelstaat Georgië albei gered het.

Alicia het vir Roo verwaarloos in 'n sloot opgespoor en hom aangeneem al het sy geweet met net twee agterbeentjies sal hy baie moeite en aandag verg. Kort voor sy vir Roo gekry het, het sy vir Penny uit 'n laboratorium gered wat produkte op diere toets.

Dié twee het dadelik beste vriende geword en doen alles saam. Penny geniet dit veral om op Roo se rug te ry terwyl hy tog te flink met sy rolstoeltjie rondrits.

Kyk hier na die dierbare video van dié twee: