Die hange van die sneeubedekte berge van Alaska is nie ’n nuutjie vir Ian McIntosh nie. Maar ná hierdie voorval waar hy ter nouer nood aan die dood ontkom het, gaan hy dalk twee keer dink voor hy weer die gevaarlike sport aanpak.

Ian was besig om te werk aan die dokumentêre prent Paradise Waits toe hy sy balans verloor het. Die volgende oomblik het hy teen die berg begin aftuimel.

Die voorval is vanuit ’n helikopter verfilm, terwyl klankgrepe vanaf ’n mikrofoon aan Ian se lyf opgeneem is. Daarop kan Ian se desperate krete gehoor word terwyl hy vir sowat ’n minuut net aanhou val en val.

Ná hy byna 500 m ver geval het, kom hy uiteindelik tot stilstand, staan op en skree: “Ek is okay, ek is okay!”

Praat van ’n noue ontkoming.

Kyk hier na die video:

Bronne: RT News; DailyMail