Om ’n omgesukkelde kleuter te sukkel wat nie wil gaan slaap nie, kan die beste onder ons onderkry. Vir dié ma van ’n tweeling was dit byna onmoontlik, en die video wat sy daarvan gemaak het, is skreeusnaaks.

’n Noorweegse ma het onlangs ’n tydsverloop-video van haar slaaptydroetine aanlyn geplaas, en al is dit snaaks om te kyk, kan ’n mens nie anders nie as om met haar te meegevoel te toon nie.

In ’n inskrywing op 24 Julie vanjaar sê sy: “Ek sukkel al ’n paar weke lank om my tweeling aan die slaap te kry (weens die uiters warm weer en die lang, sonnige dae). Ek het al verskeie metodes beproef; hierdie een was beslis die ergste van almal! Maar dit het my lekker laat lag. En bygesê: Hulle het nog altyd ’n kamer gedeel, toe dog ek ek beproef iets; dit was ’n slegte idee.”

Kyk die video hier en laat weet ons hoe jy jou kleintjies in die bed kry.

Bron: twinswins.wordpress.com

Volg ons gerus op Facebook en Twitter en kom speld saam op Pinterest.