Die YouTube-gebruiker Jonathan Liu het hierdie dierbare video onlangs gedeel waarin sy 2-jarige kleuter die bekende Imperial March-deuntjie van die gewilde Star Wars-rolprente in haar kot sit en neurie.

"Ons het onlangs Star Wars saam met ons kinders gekyk," vertel Jonathan, "en ons kleuter was mal oor die dele wat sy voor haar bedtyd gesien het. Een van haar gunsteling dele was die Imperial March." Heel gepas het hul dogtertjie toe hierdie gewilde deuntjie voor slaaptyd in haar kot gesing.

Die nuwe Star Wars rolprent, The Force Awakens, word volgende maand wêreldwyd uitgereik.

Intussen, kyk solank die oulike video hier:

Bron: YouTube