Daar's troues, en daar's troues. Dan is daar toesprake en toesprake. Partykeer is dit 'n stamelende strooijonker wat staaltjies uit die verlede ophaal wat die bruidegom en bruid blosend van verleentheid laat. En dan is daar 'n strooijonker soos Daniel Buccheri.

Daniel, 'n sanger van Melbourne, het sy toespraak vir sy broer Adrian (die bruidegom) en sy bruid Sarah, in 'n unieke liedjie omskep. Dit het nie lank geduur voor die gaste en die pasgetroude paartjie heerlik geskater het van die lag en ook terselfdertyd 'n traan of twee weggepik het nie.

Bron: Daily Mail