Dit is nie duidelik waar hierdie salon is, of wat hierdie haarkapper se geheim is om honde so rustig te laat sit nie, maar dit lyk beslis of die brakkie die tyd by die stilis net so baie geniet soos wat ons doen! Wonder net of hy ook ’n sê gehad het in sy nuwe haarstyl.