“Geluk, jy’t met ‘n dronklap getrou”

‘n Video wat die kuberruim aan die gons het, vertel die verhaal van ‘n besope bruidegom by sy huweliksonthaal.

Getiteld “Congrats, you married a drunk,” wys die video hoe die besope bruidegom neerslaan tydens die nuwe paartjie se eerste dans nadat hy vroulief op ‘n sexy skootdans wou trakteer.

En vandaar het alles net afdraende gegaan. Veral toe hy haar kousband probeer afhaal.

Die episode is amper te pynlik om te kyk.

Nodeloos om te sê – die nuwe bruid het absoluut verstom gelyk en in alle waarskynlikheid gewens die aarde wil haar insluk.

Kyk die video hier:

Bron: youtube.com