Die plaaslike televisiekanaal MestoproTV het ’n video uitgereik wat wys hoe die beer ’n venster breek en deur die sentrum draf. Die dier hardloop dan na ’n nabygeleë speelgrond in die stad Khabarovsk naby die grens met China.

Later stoot die beer die winkel se deure oop en storm in die straat af. Die video wys hoe ’n gekamoefleerde wetstoepassingsbeampte die dier agternasit en op die speelgrond doodskiet.

Die Ondersoekende Komitee, Rusland se hoofondersoekagentskap, het ’n ondersoek na die wettigheid van die polisielid se optrede gelas.

Volgens die televisieberig was die beer tussen twee en drie jaar oud – ’n tiener in beerjare.

Die BBC het die Russiese staatsnuusagentskap Tass aangehaal dat daar vanjaar al ses beeraanvalle in Rusland was – twee daarvan noodlottig.

Bronne: Sky News, BBC, News.com.au