Amerika - Clorissa Jones, ma van twee, het altwee haar pasgebore kinders aan die donker wêreld van verslawing bekendgestel. Dit opsigselwers is skokkend, maar wat Clorissa nog voor hul geboortes gedoen het, is veel erger.

Haar twee kinders, Braxton en sy ouer boetie Jacoby, het altwee hul eerste lewenslig as dwelmverslaafdes aanskou.

"Ek was in kraam, gereed om geboorte te skenk, toe ek in die badkamer heroïen gebruik het," vertel 'n huilende Clorissa in 'n kort dokumentêre video.

"Wanneer ek 'hoog' was, het niks anders saakgemaak nie." Sy glo wel Braxton het haar lewe gered. Sedert sy geboorte het sy nog nie weer voor haar verslawing geswig nie. "Ek sien uit daarna om hom elke dag te sien," sê sy.

Maar Braxton se kleine lyfie moes as pasgeborene reeds onttrekkingsimptome oorkom - oorsensitiwiteit, bewerasies en voortslepende probleme om gevoed te word.

Jacoby is ook verslaaf aan heroïen gebore.

Ongelukkig is Braxton en Jacoby nie uitsonderlike gevalle nie. Meer as 130,000 babas in Amerika die afgelope tien jaar as dwelmverslaafdes gebore. In Engeland is daar verlede jaar 7,800 babas as dwelmverslaafdes gebore.Bronne: metro.co.uk, dailymirror.co.uk, YouTube

WAARSKUWING: VIDEO MAG SENSITIEWE KYKERS ONTSTEL