Hy is kwalik 'n maand oud maar baba Neo, die oulikste klein katjie, probeer klaar sy ma se versorgingsgewoontes naboots.

In hierdie video, wat deur die Amerikaanse televisieprogram Funniest Home Videos op Facebook en YouTube gedeel is, kan gesien word hoe klein Neo sy beste pootjie voor sit om dinge presies soos sy volwasse katmamma te doen.

Neo se eienaar, bekend as Ari K op YouTube, dokumenteer sy daaglikse lewe in ’n rits YouTube-videos. Gaan loer gerus hier.