’n Ma van Texas het op die moeilike manier geleer dat sy nie ’n oomblik se rus sal kry as sy ’n uiltjie by haar dogter knip nie. Sy kan nie ’n oomblik haar oë rus nie.

Esther Anderson het ’n video op YouTube gedeel van die kind se manewales, en dit het die gepaste titel Why Co-Sleeping is No-Sleeping.

Sedert dit op 2 Desember geplaas is, is dit al meer as 1,1 miljoen keer gekyk. “Elke oggend vra ek my af hoekom ek nie net my baba weer in haar bedjie sit nie,” het Esther in die beskrywing geskryf. “Ek dink nie ek sukkel alleen hiermee nie.” Vyf wenke vir ’n goeie nagrus:

1.   Herken die tekens dat jou baba moeg is – Moenie wag tot jou baba oormoeg is nie. ’n Oormoeë baba sukkel meer om aan die slaap te raak en te bly. Oë vryf, gaap en moeilik wees is alles tekens.

2. Stel ’n slaaptydroetine vas – Dit is nooit te vroeg om met ’n roetine te begin nie. Dit kan so eenvoudig wees soos om jou baba se nagklere aan te trek, ’n wiegelied te sing en hulle nag te soen.

3. Maak seker jou baba is gelukkig – Maak seker jou baba is vol, reg aangetrek en die vertrek is die regte temperatuur.

 4. Wag voor jy ingaan – As jou baba snags wakker skrik, moet jy ’n paar minute wag voor jy ingaan. Baie ouers spring op vir die geringste geluidjie wat hul baba maak. Soms moet jy jou baba los sodat hulle kan leer om self weer aan die slaap te raak.

 5. Gebruik musiek – Speel wiegeliedjies of natuurgeluide om jou baba weer aan die slaap te sus.

-        Saamgestel deur Janine Nel

Bronne: mirror.co.uk, webmd.com, whattoexpect.com, mom365.com