Biltong, Ouma-beskuit en droëwors is eg Suid-Afrikaans, maar jou gunsteling-peuselkos is dalk vir buitelanders ietwat vreemd. In hierdie snaakse Buzzfeed-video proe Amerikaners die eerste keer Suid-Afrikaanse happies.

Die meeste hou van koeksisters en hul menings verskil oor beskuit. Maar wie ook al die video gemaak het, moes vir die mense tee of koffie ook gegee het. Want wie eet nou beskuit sonder om dit eers te doop?

Kyk hier na die video:

BRONNE: buzzfeed.com, youtube.com