Eers was daar die ysbak-uitdaging...

Die nuutste gier is gewaarborg om jou en die badkamervloer geheel en al sopnat te laat. Die kondoom-uitdaging is besig om soos 'n veldbrand deur die kuberruim te versprei. Daar is glo 'n verskuilde agenda agter die speletjie: om te wys dat kondome weliswaar sterk is en 'n groter volume kan behou as wat sommige hane onder die henne sou wou aanvoer.

Volgens thesun.co.uk is die nuwe gier te wyte aan twee manne van Japan wat hul video op 17 November 2015 op YouTube gedeel het.

Gaan jy hierdie uitdaging aanpak?

Bronne: YouTube, thesun.co.uk