Grennan Bartlett-Nealeigh is nie jou gewone 9-jarige nie. Die outjie van die VSA wat onlangs aan America’s Got Talent deelgeneem het, is die jongste professionele mesgooier ter wêreld.

Tydens sy optrede het hy messe na sy komkommerkoel kleinsus Charlotte gegooi en die beoordelaars na hul asems laat snak.

Grennan se familie neem al jare aan hierdie waaghalsige toertjies deel. Sy pa, Thomas, vertel dat hy en Grennan se oupa ook hierdie toertjies vir ’n lewe gedoen het.

Wanneer mense Thomas en sy vrou, Alica, kritiseer omdat hul hul kinders in gevaar stel, antwoord hulle dat die kinders veiliger is by hul ouers as wat hul is op ’n sportveld wanneer hulle aan gevaarlike kontaksportsoorte deelneem.

Kyk hier na die familie se verhaal:

Bronne: YouTube, Daily Mirror