Die sewejarige Ethan Hall was slaggereed vir sy groot oomblik.

Die jong Australiër is gekies om sy land se volkslied te sing tydens ’n belangrike bofbalwedstryd tussen die Brisbane Bandits en die Adelaide Bite-spanne.

Maar net toe Ethan daardie eerste bekende note van Advance Austalia Fair sing, het die vreemdste geluid na vore gekom. Op die mees ongeleë tyd denkbaar, begin Ethan te hik.

En aan te hou hik.

Maar die jongman laat hom nie van stryk bring nie. Terwyl die spelers op die veld sigbaar wil lag, maar hulself inhou, druk Ethan deur en maak die volkslied klaar.

Die einde van sy vertoning is toegejuig met ’n dawerende applous.

Welgedaan, Ethan!

Kyk hier na Ethan se besonderse vertoning:

Bronne: SkyNews; BBC