Wie onthou nog hierdie geliefde kinderrympie?

Eendjies, eendjies, staan in 'n ry

Een, twee, drie, vier, stap hul verby

Links, regs, links, regs, kyk hoe mak

Reguit dam toe, kwaak, kwaak, kwaak.

In hierdie oulike video wat iemand in China aanlyn gedeel het, waggel duisende piepklein goudgeel eenjies opgewonde na 'n nabygeleë dammetjie om hul eerste swem te geniet. Al die mense wat dié besonderse oomblik aanskou, skaterlag van plesier.

Sou ons almal nie?

Bron: YouTube