Die meisie van Colorado het die los tand met ’n tou aan haar kettieboog vasgebind, gemik en geskiet. En daar trek die tand...

Pa Jason McDonald is net so ’n willewragtig. Hy boer met alligators. Dis nou as hy nie sy dogter se tandetoertjie in aksie verfilm nie.

“Alexis is ’n spesiale kind. Sy doen ’n klomp gek dinge saam met my - soos om op die slap tou oor ’n poel met alligators te loop,” het hy gesê.

Kyk na die tandetrek-video hier onder:

Bronne: dailymail.com, express.co.uk