David (39) het aanhangers verras toe hy vroeër vandeesmaand die One Direction-hartebreker Harry Styles se 21ste verjaardag in Amerika saam met hom gevier het. Met veel jonger bekendes, soos die 22-jarige model Cara Delevingne en Kendall Jenner (19) onder die gaste, het sy vrou glo ’n bietjie ongemaklik gevoel. “Victoria het altyd meer met David uitgegaan, maar sy werk nou die heeltyd en is ’n betrokke ma,” het ’n bron aan die Britse tydskrif new! gesê. “Sy’s dolgelukkig daarmee omdat sy voel haar dae van uitgaan is verby. Sy voel David moes ook nou al die gewoonte ontgroei het om soos ’n vrygesel spoggeleenthede by te woon. Sy vertrou hom volkome, maar wil nie hê hy moet belaglik lyk terwyl hy saam met die bloedjonge Harry fuif nie. Sy weet Harry hou van kuier.”
Sy voel David moes ook nou al die gewoonte ontgroei het om soos ’n vrygesel spoggeleenthede by te woon.

Die mode-ontwerper en David het vier kinders – hul seuns Brooklyn, Romeo en Cruz en hul dogtertjie Harper. Gelukkig is die sokkerster darem ’n verantwoordelik ouer – David het onlangs aangekondig sy kroos gaan nou by sy nuwe UNICEF-projek betrokke wees. Sy liefdadigheidsorganisasie sal minder bevoorregte kinders regoor die wêreld help.

“My kinders sal betrokke wees daarby, want ek sal daarvoor sorg,” het hy gesê toe hy die projek aankondig. “Hulle is opgewonde daaroor en weet wat ek vandag aankondig. Ek is ’n pa, man, het vier ongelooflike kinders wat genadiglik gesond is. My kinders verstaan my werk, veral Brooklyn wat my al in verskeie lande sien werk het. Ek is trots daarop om vir hulle te sê wat ek doen en ek dink dit maak hulle trots.”

© Cover Media