Victoria Beckham voel blykbaar baie selfbewus aan haar manlief, David, se sy.

Die 41-jarige voormalige popster, deesdae ook 'n modeontwerper, is onlangs met die aantreklike David gekiek toe hulle die Britse-modetoekennings in Londen bygewoon het.

Victoria het pragtig met ’n stralende gelaat langs haar man poseer. Maar bronne na aan die ster sê sy raak al hoe meer bekommerd oor hoe die oudwordproses haar voorkoms beïnvloed. “David raak al hoe aantrekliker met die jare en Victoria begin ’n bietjie selfbewus voel wanneer hulle saam afgeneem word,” vertel ’n bron aan die Britse tydskrif new!

Victoria moet nou glo besluit waarop om te fokus - haar gesig of haar lyf.

“Sy raak paniekgbevange dat sy soos ’n verrimpelde ou vroutjie langs David gaan lyk. Om haar onsekerheid te begryp, moet jy terugkyk na die begin van hul verhouding. Destyds het almal gedink David is die gelukkige een, maar sedertdien het die dinamika verskuif.”

Behalwe vir haar vlekkelose gelaat is Victoria bekend vir haar slanke lyf wat ongelooflik in haar jongste ontwerpe lyk. Maar die voormalige Spice Girl moet nou glo besluit waarop om te fokus – haar gesig of haar lyf.

“Victoria het al in die verlede daarop gesinspeel dat die dag sou aanbreek wanneer sy tussen haar lyf en gesig moet kies – om maer te wees met plooie of ’n bietjie plomper met ’n gladde gelaat. Sy wil beslis nie hê mense moet begin dink sy’s gelukkig om David te hê nie, so nou werk haar grimeersakkie oortyd.”

© Cover Media