Die 40-jarige mode-ontwerper en haar man, die gewese sokkerspeler David Beckham, het reeds vier kinders, Brooklyn, Romeo, Cruz en Harper. David het al openlik gepraat oor sy begeerte vir nog kinders, en blykbaar voel Victoria ook nou dieselfde.

“Victoria loop jogaklasse wat vrugbaarheid verhoog. Dit fokus op die chakras wat vrugbaarheid aanmoedig en die ‘krag van die vroulike godin omarm’. Dit is ’n yin-soort joga wat konsentreer op die verhoging van energievloei in die liggaam om die ‘setel van die skepping’ oop te maak. Dit help ook stres verminder, wat in sigself vrugbaarheid optimaliseer,” het ’n bron aan die Britse tydskrif Heat vertel.

Victoria het dit blykbaar aan haar man duidelik gemaak dit sal hul laaste kind wees. Noudat sy dit wil laat gebeur, beproef sy baie verskillende behandelings om haar kanse vir swangerskap te verhoog.

Die ster ondergaan blykbaar ook Chinese geuttrek-terapie, wat sy soggens doen, wanneer haar energie op sy hoogste is. Sy drink ook Bach-blomgeneesmiddels, wat veronderstel is om geestelik tydens bevrugting te help, asook homeopatiese middels.

Die gesin hou tans vakansie in Los Angeles, waar hulle eens gewoon het, waar Victoria blykbaar haar tyd geniet. Sy het ook met ’n dieetkundige gepraat, wat voorgestel het sy gee haar vrugbaarheid ’n hupstoot met haar dieet.

Boonop het die paartjie blykbaar reeds veranderinge aan hul huis in Londen aangebring.

“Hulle het Rose (Uniacke, hul binneversierder) gevra om ’n babakamer in die nuwe huis te skep. Dit is ’n suite – met ’n kamer vir ’n oppasser langsaan en twee badkamers,” het die bron gesê.

© Cover Media