Dit is nog net ‘n “kort rukkie” voor Victoria Beckham geboorte sal skenk aan haar babadogtertjie.

Dié 37-jarige ontwerper en sangeres is Maandag in Kalifornië in die hospitaal opgeneem vir die geboorte van haar en David Beckham se eerste dogtertjie.

“Dit sal nog net ‘n kort rukkie neem,” het Beckham se woordvoerder aan die webtuiste,RadarOnline.com, gesê.

Die paartjie het reeds drie seuns, Brooklyn (12), Romeo (8) en Cruz (6).

Volg Huisgenoot op Twitter.