Die oud-Springbokrugbyspeler Victor Matfield se derde dogtertjie, Tasmin, is vanoggend gebore.

Klein Tasmin is net 48 cm lank en weeg 3,08 kg.

Victor het vyf dae gelede op Twitter gesê hy kan skaars wag vir sy derde prinses se koms. Met vier vroue in die huis, het hy gesê: “Eisj, ek sal my man moet staan.”

Op Twitter straal Victor en sy vrou, Monja, se ander twee dogters, Jaime (8) en Giselle (4), saam met hul nuwe kleinsus.

- Hilda Fourie