Victor Matfield se boek is die eindfluitjie van sy roemryke loopbaan in die Groen-en-Goud en ligblou trui.

Hy het 114 keer vir die Springbokke uitgedraf.

Hy en die rugbyskrywer De Jongh Borchardt het saam aan die boek gewerk.

“Ek het ’n jaar lank elke dag in ’n dagboek geskryf. Die skryf het maar laat saans, op toer of op ’n vliegtuig gebeur,” vertel hy tuis in Silver Lakes, Pretoria.

Lees meer in die nuutste uitgawe van Huisgenoot

Volg Huisgenoot op Twitter.