Schalk het gister op sy Facebook-blad gesê hy en Vicky is verheug en opgewonde en het bevestig sy verwag ’n dogtertjie.

Hy het bygevoeg dat alles met Vicky se swangerskap tot dusver normaal en gesond lyk.

Vicky en Schalk het vroeër vanjaar amptelik bevestig hulle is in ’n verhouding en het in Mei vanjaar verloof geraak.

[caption id="attachment_79008" align="aligncenter" width="510"]Foto: Facebook Foto: Facebook[/caption]