“My verslawing aan kos was buite beheer, aartappelskyfies was my swakheid,” vertel Laura Jarvis (31). Ek kon maklik vier pakkies op ’n slag opeet en my gunstelinggeure was piekeluie of vlamgerooster.”

Haar bultende middellyf het haar selfbeeld aan flarde gehad en haar verhoudings het nooit langer as ’n paar weke gehou nie.

“Ek kon nie glo dat ek myself toegelaat het om so groot te raak nie, ek was op pad 30 toe en daar het nie veel in my lewe aangegaan nie,” onthou Laura.

Maar die kindersorgassistent was vasbeslote om voor haar 30ste verjaardag liefde te vind.

Die feit dat Laura se gewig begin het om sy tol op haar gesondheid te eis, het bygedra tot haar wilsbesluit.

Laura het in 2014 begin maagpyn kry en die dokters het aan haar gesê haar galblaas moet verwyder word. Maar sy moes eers 19 kg verloor voor hulle kon opereer.

“Dit was net die skop wat ek nodig gehad het. Ek het in Januarie 2015 by Slimming World aangesluit en ook by die huis begin oefen deur oefen-DVD’s te gebruik,” sê sy.

Dit is aan haar nuwe, gesonde lewenstyl te danke dat Laura byna die helfte van haar liggaamsgewig af te skud – en liefde te vind.

Foto: Magazine Features

Nadat sy haar teikengewig bereik het, het Laura by die afspraakwebwerf Plenty of Fish aangesluit en daar het sy Matthew Baird (29) ontmoet. Die gelukkige paartjie is sedertdien in ’n verhouding.

“Indien ek nie die gewig afgeskud het nie, sou ek nooit die selfvertroue gehad het om weer op afsprake te gaan nie en dan sou ek Matthew nooit ontmoet het nie, verklaar Laura opgewek.

“Ek dink Laura lyk nou pragtig,” sê Matthew, “maar ek sou haar liefgehad het al was sy ook hóé groot – sy sal altyd volmaak wees in my oë.”

Laura het in die somer van 2016 haar teikengewig, 63 kg, bereik en dit het haar oplaas die moed gegee om weer met mense uit te gaan.

“Voor ek die gewig verloor het, was ek altyd die grootste onder my vriendinne. Ek wou mooi lyk en in die soort klere pas wat hulle dra, maar ek kon dit nooit doen nie,” sê Laura opgewek.

Die nommer-8-skoonheid kan nou saam met haar vriendinne inkopies doen en selfs soms hul klere leen.