’n Oorgewig pastaliefhebber wat al begin vrees het sy is te swaar vir meubels, het ’n ongelooflike 57 kg afgeskud danksy ’n Instagram-verslawing van 2 uur per dag.

Lindsey Awad (25) van Fort Winter Haven in Florida, Amerika, het na ander vroue se gewigsverliesfoto’s op die fotodeelnetwerk gekyk om haar te inspireer toe sy 128 kg geweeg het.

[caption id="attachment_163634" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Haar sagte plekkie vir wegneemetes en voorliefde vir pasta – waarvan sy twee dubbele porsies per dag verorber het – het die kilogramme laat opstapel.

Sy het haar keerpunt bereik toe sy en haar man, Zak (38), verlede jaar wou gaan meubels koop.

[caption id="attachment_163635" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ons het tuinmeubels vir ons nuwe huis gesoek en ek het na een van die stoele gekyk,” vertel sy. “Die maksimum gewig was 136 kg en ek het geweet ek weeg amper soveel.”

[caption id="attachment_163636" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ek en my man wou ’n ander keer gaan vryval doen, maar die gewigsperk daar was 113 kg, dus kon ek nie saamgaan nie. “Oomblikke soos dié het my werklik laat skaam kry en ek het besef my gewig hou my terug.”

[caption id="attachment_163637" align="aligncenter" width="596"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

Sy het besef sy sou ’n verandering móés maak – en het haar inspirasie hiervoor op Instagram geput uit fiksheidsghoeroes en ander vroue wat gewig probeer verloor.

Sy het twee uur per dag op die fotodeel-toepassing deurgebring, mense gevolg wat hul liggaamsveranderings geplaas het, en daarna haar eie bladsy oopgemaak.

Sy het kleiner porsies begin eet, melk en suiwelprodukte uitgeskakel en ses dae per week begin oefen.

[caption id="attachment_163638" align="aligncenter" width="574"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Daar was tye dat ek begin huil het omdat ek ’n makaroni-en-kaasgereg wou hê, maar ek het nooit van die eetplan afgewyk nie.”

“Ek het begin huil toe ek 6 kg verloor het, want ek het dit uiteindelik gedoen en daar was geen manier waarop ek sou ophou en teruggaan na waar ek voorheen was nie.”

[caption id="attachment_163639" align="aligncenter" width="596"]Lindsey and her husband Zak. PHOTO: Magazine Features Lindsey and her husband Zak. Foto: Magazine Features[/caption]

Op 73 kg is die aantreklike radioloog nou onherkenbaar. Sy het boonop meer as 4 000 Instagram-volgelinge aan wie sy wenke en advies rakende gewigsverlies uitdeel.

“Toe ek op Instagram begin het, het ek ’n paar meisies gevolg en hulle het my so baie gemotiveer dat ek wou opstaan en gaan oefen,” het die skone brunet aan MailOnline vertel.

[caption id="attachment_163641" align="aligncenter" width="573"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]

“Ek het ’n paar uur per dag op Instagram deurgebring om na ander mense se transformasiestories te kyk en dit het baie gehelp.”

“Wanneer ek moedeloos gevoel het, het ek aanlyn na voor-en-ná-foto’s gekyk. Dit het my op koers gehou en my daaraan herinner dat ek besig was om gewig te verloor.

[caption id="attachment_163642" align="aligncenter" width="600"]PHOTO: Magazine Features Foto: Magazine Features[/caption]


— MAGAZINE FEATURES