rachel

Rachel het onlangs ’n selfie van haar aanlyn gedeel waarop sy in ’n toppie verskyn wat styf om haar lyf span.

Die storie agter die foto is egter wat dit so besonders maak.

Rachel vertel hoe sy in ’n plaaslike klerewinkel gestaan en na ’n uitrusting vir die naweek gesoek het. Sy het na ’n gestreepte toppie gekyk met die Amerikaanse vlag daarop toe sy oplet hoe ’n ma en haar tienerdogter langs haar begin gesels.

Die dogter het die einste toppie waarna Rachel gekyk het, opgetel en na haar ma gedraai en gesê: “Kyk! Ek én my vriendin sal albei in hierdie toppie kan pas!”

Haar ma het gelag en geantwoord: “Beslis! Daai ding is massief!”

Rachel was bitter ontsteld en het onmiddellik in trane uitgebars. Sy het die winkel verlaat en in haar motor gaan huil.

Die snedige aanmerkings van die dogter en haar ma het haar seergemaak, vertel Rachel. Veral die feit dat hulle dit opsetlik binne hoorafstand van ’n vrou met ’n voller figuur gemaak het. Gelukkig het Rachel besluit basta met hierdie ongeskikte mense. Sy is terug na die winkel waar sy die toppie gekoop het.

Rachel het besluit basta met hierdie ongeskikte mense.

“Op die ou end het ek die toppie gekoop, want, draai dit toe uit, ek lyk wonderlik daarin!”

Sy eindig: “Wees vriendelik. Dink aan ander mense voor jy praat. En as iemand jou seermaak, gaan voort met jou lewe.”

Rachel se dapperheid is wyd geloof. Haar oorspronklike inskrywing het meer as 300,000 'likes' gekry. Kommentaar is ook baie positief. Iemand skryf: “Liefie, jy lyk fantasties in daardie toppie. Jy is beeldskoon.”

Selfs die winkel waar sy die toppie gekoop het, steun haar. “Rachel, jy is wonderlik. Ons loof jou vurige styl en stuur vir jou ’n geskenkkaart.”

Rachel het nog nie laat weet wat sy met die geskenkkaart gaan koop nie.

Bronne: Mirror, Daily Mail