Nadat sy eienaar dood is, het ’n veearts van Houston in die Amerikaanse deelstaat Texas die erg oorgewig worshond, Vincent, ingeneem.

[caption id="attachment_122518" align="alignnone" width="600"]Op sy vetste het Vincent 17 kilogram geweeg. Foto: Facebook Op sy vetste het Vincent 17 kilogram geweeg. Foto: Facebook[/caption]

Agt maande later het die brakkie, wat in ’n stadium ’n allemintige 17 kg geweeg het, ’n merkwaardige ommeswaai gemaak.

Die hond, aanvanklik bekend as “Vet Vincent” het by die Harris County-diereskuiling beland nadat sy eienaar oorlede is. Vet Vincent is dadelik met hoë cholesterol gediagnoseer en etlike mediese kwale is as gevolg van sy gewig bespeur. Mary Tipton, ’n verteenwoordiger van Houston se honderedders en self ’n vearts, het dit op haar geneem om Vincent se leefstyl weer gesond te kry.

Ná agt maande van ’n streng dieet, gereelde stappies en baie water, het Vet Vincent meer as nege kilogram afgeskud.

So het “Vet Vincent” “Maer Vincent” geword.

Lees ook: Toename onder tiere styg vir die eerste keer in ? eeu

Daar word gegis dat Vincent net gemorskos en wegneemetes by sy vorige eienaar gekry het; vandaar al die gewig wat hy aangesit het.

[caption id="attachment_122515" align="alignnone" width="600"]In net agt maande het Vincent 9 kilogram afgeskud. Foto: Facebook In net agt maande het Vincent 9 kilogram afgeskud. Foto: Facebook[/caption]

Tog is Vincent beslis nie al oorgewig hondjie nie. Minstens die helfte van Suid-Afrikaanse veeartse se pasiënte is oorgewig of vetsugtig, het dr. Guy Fyvie, die veeartsenykundige raadgewer vir Hill’s Pet Nutrition vroeër aan Huisgenoot gesê.

Vetsugtigheid by troeteldiere kan lei tot diabetes, lewersiektes, gewrigsprobleme, kanker, verminderde lewensgehalte en ’n korter lewensduur.

Lees ook: Kyk net wat het hierdie hond aangevang toe hy alleen tuis gelos word!

As jy ooit self al probeer het om gewig te verloor sal jy weet dit is nie maklik nie. Dieselfde geld ook vir diere.

Hier is dus ’n paar nuttige wenke om jou oorgewig troeteldier weer fiks en slank te kry:

Paws24

  1. Bepaal Kyk na ons nuttige tabel om te sien watter silhoeët jou troeteldier verteenwoordig. As hy of sy oorgewig is, maak ’n afspraak met jou veearts om enige gesondheidsprobleme uit te skakel wat dalk die oortollige gewig veroorsaak, soos ’n skynswangerskap (steriliseer haar) of ’n hormoonprobleem.
  2. Beplan Jou veearts sal ’n verslankingsplan aanbeveel. Sommige veeartse het selfs verslankingsklinieke of -klubs. Petslimmer.co.za het funksies wat die ideale gewig bereken, hope voedingswenke en ’n lys veeartspraktyke wat die Hill’s Pet Slimmer-program gebruik.
  3. Kos Kies die beste gehalte kos wat jy kan bekostig en volg die aanwysings op die verpakking met ’n maatkoppie – moenie raai nie! Voeg groente soos groenbone en pampoen by vir ’n stewiger maaltyd sonder om te veel kalorieë by te voeg. Sny soveel bederfies moontlik uit en vervang dit met vertroeteling, ’n speletjie of vinnige stapsessie.
  4. Oefening Swem is ’n goeie lae-impakoefening vir honde. En om soggens wanneer dit nog koel is of saans te stap, is goeie oefening vir julle albei. Kry ’n flits- of laserlig en kyk hoe jou kat rondspring!
  5. Stadig maar seker Dit neem tyd om oortollige gewig af te skud. Moenie die proses aanjaag nie – skielike gewigsverlies word nie aanbeveel nie en kan aanleiding gee tot gesondheidsprobleme.

troetelbou

Paws24

– Petrus Malherbe

Bronne: CNN; 9News; Metro

Ander stories op Huisgenoot.com

‘Dit laat hulle glimlag’: Barmhartige jongmense was gratis haweloses se klere

‘Dis waarom ek bedank het,’ onthul voormalige bok-afrigter Heyneke Meyer

Wie is die ellendige Murphy wat altyd alles laat skeefloop?

Dié vrou maak die spoggerigste kapsels vir perde

Waaghalsige ouma (81) ‘lewe op die rand van gevaar’ en spring by vliegtuig uit