Die heerlikste ontbyt in die wêreld is Eggs Benedict – en jy kan die vulsel aanpas soos jy lus het, sê die Vet Sjef van Nieu-Seeland. Lek solank jou lippe af vir dié vindingryke idees.

 Die vet sjef Albert Buitenhuis maak eggs benedict

LAAT ek sommer nou opstaan en sê: “Goeiedag, my naam is Albert en ek is verslaaf aan brekfis.”

As daar iets moet gebeur en ek mag net een ete per dag eet, sal dit ontbyt wees, want iewers in die wêreld word jou gunstelingkos vir ontbyt geëet. Dink so daaraan: Wat eet Tibettane vir ontbyt? Nee, slaan my met ? koudgerookte Skotse haring deur die gesig as ek dit weet. Met Google kan ’n mens seker gaan uitvind, maar ek is bang die waarheid sal my idilliese borrel laat bars – die borrel waarin ek genoemde Tibettaan sien, vroegoggend in sy Tibettaanse hut langs ? lekker warm vuur en met ? heerlike bord eggs Benedict vir ontbyt. Ek is jammer as die prentjie nie vir jou werk nie, maar probeer dit gerus – dit lyk heerlik hier in my kop.

Soos jy seker afgelei het, het ek dit hierdie week oor ontbyt en veral oor die veelsydige benedict-eier in al sy weergawes – en glo my, daar is ? hoop daarvan. Benedict-eiers bestaan gewoonlik uit ? deurgesnyde Engelse muffin, ham, spinasie (soms), geposjeerde eiers en hollandaise-sous, in daai volgorde van onder na bo. My weergawe het ek spesiaal vir my vrou geskep en daarom heet dit eggs Marthie. Dis glutenvry en het van haar geliefkoosde ontbyt-gedoentes op en ek moet bely, van myne ook.

Ek gaan aanneem dat jy ? paar van die basiese tegnieke ken, soos hoe om ? omelet te bak en eiers te posjeer. Indien nie, stuur gerus vir my ? e-pos (vetsjef@gmail.com) en ek verduidelik stap vir stap hoe. ? Ander wapen wat ek in jou arsenaal wil laat glip, is Duxelles (sjefiaans vir ’n mengsel van fyn gekapte uie/salotte, kruie en sampioene wat gebraai word om die voginhoud van die sampioene te verlaag. Dié kan net so gebruik word of met room of roomkaas in ? heerlike sous omgetower word). Dis verruklik met ? baie sterk sampioensmaak en het ook al sampioen-haters in sampioen-eters verander aangesien die opvallende sampioentekstuur nie teenwoordig is nie. Goed, hier gaan ons. EGGS MARTHIE

Genoeg vir 3 mense

Eggs Benedict vir Marthie BuitenhuisJy het nodig

  • 200 g gerookte salm (Marthie) OF250 g spekvleisrepe (ek)
  • 15 ml (1 e) olyfolie
  • 1 middelslag-ui, fyn gekap
  • 250 g knopiesampioene, fyn gekap
  • ? paar takkies vars tiemie
  • 125 ml (½ k) roomkaas OF 250 ml room
  • 6 groot bruinsampioene
  • 6 eiers
  • 6 bagels

    Vet Sjef Eggs benedict bestanddele

BEREI DIE VULSEL

Skakel die oondrooster aan.

1.    Braai die spek (as jy dit verkies) in ? pan tot bros en goudbruin. Verwyder uit die pan.

2.    Maak jou Duxelles:

  • As jy spek gekies het, gebruik dieselfde pan om die uie in te braai. So nie, giet die olyfolie in die pan en braai die uie tot dit deurskynend is maar nog nie verkleur het nie.
  • Roer die fyn gekapte knopiesampioene by in en braai tot die sampioenmengsel met die helfte verminder het.
  • Duxelles deur die Vet SjefRoer die gekapte tiemie en room of roomkaas by en siedaar, jy het Duxelles.
Duxelles met roomkaas deur die Vet Sjef Wenk As jy room pleks van roomkaas gebruik, hou die pan op die hitte en verminder dit tot die sous goed dik is. Duxelle het amper ? pasta-tekstuur.

3.    Plaas die groot bruinsampioene op ? bakplaat, besprinkel met nog olyfolie en bak onder die oondrooster tot gaar.

4.    Hou die gebraaide spek of gerookte salm, Duxelles en geroosterde bruinsampioene eenkant.

Gebraaide sampioene en spek vir Eggs Benedict

5.    Verhit ’n pan en bak een 2-eier-omelet per persoon, smeer ’n smeerseltjie roomkaas oor en rol dit op, OF

Posjeer die eiers in ’n gewone pan, posjeerpan (onder) of die mikrogolfoond.

Vet Sjef se posjeer pan

6.    Sny die bagels deur en rooster dit tot mooi goudbruin.

SIT DIE GEREG BYMEKAAR

Elke eter kry 2 gevulde bagels. Stapel die vulselbestanddele as volg bo-op mekaar:

  1. Onderste helfte van 1 bagel
  2. 1 bruinsampioen
  3. Gerookte salm of gebraaide spek
  4. Boonste helfte van die bagel
  5. ½ omelet of ? geposjeerde eier
  6. Duxelles (sampioensous)
En as jy so gaaf is soos ek en daar is spek oor, sit tog vir die salmeters so twee repies op hul bord. Daar het jy die basiese idee. Nou kan jy self daarmee gaan speel en jou eie meesterstuk skep. Wenke

  • Druk die vleis van rou boere- of varkworsies uit, druk plat soos ’n hamburger-frikkadel en braai. Stapel dit op die bagel pleks van of ter aanvulling van die salm en spek.
  • Berei ? peper- of knoffelsous (e-pos myas jy nie ’n resep het nie) en giet dit bo-oor.
  • Vervang die groot sampioene met gebraaide pynappelringe en sit voor met soet brandrissiesous.
  • Berei ’n verskeidenheid weergawes van benedict-eiers en sit dit buffetstyl voor as ’n verrassende onthaalontbyt. Die kombinasies is onbeperk en jy sal ’n ster in jou gaste se oë wees.

Eksperimenteer lekker en as jy enige raad wil hê oor hoe om iets te doen, vra gerus, ek help graag. My e-pos, net weer, is vetsjef@gmail.com.

Baie dankie vir die hope e-posse wat ek van julle ontvang. Partykeer voel so ’n gebloggery maar na ? eenrigtingstraat, maar jul e-posse maak dit die moeite werd.

Groetnis tot volgende keer.

Die Vet Sjef

 Die Vet Sjef, oftewel Albert Buitenhuis, beoefen sy nering by ’n eetplek in Christchurch, Nieu-Seeland en die Kiwi’s staan tou op die dae wanneer hy boerewors of sosaties voorsit. As jy enigiets oor kos wil weet (al is dit die Dros se resep vir skaapnek), vra gerus. Gaan loer ook op sy eie blog.