[caption id="attachment_121848" align="alignnone" width="600"]Foto ter illustrasie: Verskaf Foto ter illustrasie: Annelene Oberholzer[/caption]

“NG Kerk stel poligamie in, ná versoek van gay-lidmate,” het die opskrif op die webwerf Praag.co.za gelui. In dié artikel, wat op Vrydag 1 April verskyn het, skryf Praag ’n studiekommissie van die NG Kerk het aanbeveel dat lidmate nou toegelaat moet word om met meer as een mens op ’n slag getroud te wees. Dié kommissie se voorsitter was glo dr. André Bartlett, ’n teoloog aan die Universiteit van Pretoria se kweekskool, skryf Praag.

“Ons verwag dat poligame huweliksmaats vanaf vandag net soos tradisionele sisgenderpare voor die kansel die huweliksformulier in ons kerk sal kan opsê,” sê Bartlett.

“Ek het self reeds ’n eggemeenskap van drie mense in die kerk getrou.”

Lees ook: Man skryf ope brief aan ander mans in die versoeking om te kul: ‘Moenie soos ek met spyt saamleef nie’

Mense wat opgelet het dat die berig op 1 April op die webwerf verskyn het, sou gou besef het dit is eintlik as ’n grap bedoel.

Maar vir die NG Kerk was dit g’n snaaks nie. Dié kerkverband het Sondag teruggekap en in ’n verklaring gesê hulle keur dié grappie nie goed nie.

“Ons wil dit baie duidelik maak dat daar geen kommissie in die NG Kerk is wat besig is om oor die moontlikheid van poligame huwelike te werk nie, en daar was nog nooit enige sprake van so ’n kommissie nie,” skryf die NG Kerk. “Die NG Kerk het nog altyd duidelik gemaak dat huwelike nie nét monogaam moet wees nie, maar ook gekenmerk moet word deur liefde en trou.”

Lees ook: Dié hawelose se liefdesverhaal sal jou weer in feëverhale laat glo

Die algemene sekretaris van die NG Kerk, dr. Gus Claassen, het aan Huisgenoot gesê: “Ons het die artikel aanvanklik in die gees van Gekkedag gesien, maar het later besluit om iets te sê aangesien lidmate heftig gereageer het en ons voel die grap in swak smaak is. Ons het ook gedink dat daar ’n regstelling geplaas sou word en dit het nie gebeur nie.”

André, ’n dominee wat hom reeds jare lank beywer vir gelyke regte van gay lidmate, het uit Duitsland gesê hy probeer om sy “sin vir humor” in die situasie te behou.

Lees ook: Sjarmante man vra sy meisie op ’n unieke manier om haar hand

“Ek is net besorg oor wat die gevolge van die soort grappe vir die kerk in hou. Dit kan maklik ’n beeld skep dat die kerk enigiets net aanvaar.”

Die stigter van Praag, dr. Dan Roodt, het by navraag gesê een van die redes waarom hulle aan die NG Kerk se standpunt oor die huwelik gedink het as ’n onderwerp vir 1 April-grap, is omdat dit so vaag is en dat mens enigiets daarin kan lees.

– Marelize Potgieter

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk: Troufotograaf vang roerend ouers se ‘belangrikste oomblik’ vas toe hy hul sterwende baba afneem

Derek die kaal krimpvarkie kry sy penne terug!

Jy sal nie glo hoe lyk Justin Bieber se nuwe haarstyl nie!

Panama Papers: Wat is dit en hoekom moet jy omgee?

Dié ma is verras met ’n vyfling – en dit nadat sy gedink het sy gaan net een baba hê