’n Ooggetuie het Donderdag gesien hoe die buurman se hond genaamd Reina die erg-ondervoede seuntjie buite ’n motorwerktuigkundige se werksplek in Arica voed.

Die seuntjie was ook oortrek met luise en het ’n velinfeksie gehad. Hy is na die hospitaal geneem en die volgende dag weer ontslaan.

Kaptein Diego Gajardo het aan The Associated Press gesê die kind is intussen in die sorg van maatskaplike werkers geplaas.

Hy het bygevoeg die seun se ma het dronk by die hospitaal opgedaag, maar is nie gearresteer nie omdat die seun nie fisies beseer is nie.

’n Klag van verwaarlosing is wel teen haar aanhangig gemaak.

Bron: Huffington Post; Independent