In die speletjie is die doel dat die T-Rex-dinosourus nié die kaktus moet tref nie, maar daaroor moet spring.

Maar hier’s die vangplek – die speletjie is slegs beskikbaar aan gebruikers wat nie aan die internet gekoppel is nie. Jy kan dit dus net speel as jy die internet oopmaak en die foutboodskap “Unable to connect to the internet” sien.

Lees ook: Laat jou sorge verdwyn met dié gratis inkleurprentjies vir volwassenes

Dis heeltemal versteek en jy sal dit net vind as jy verveeld is of ’n bietjie op jou webblaaier snuffel.

Volgens TNW News het Franscois Beaufort, ’n Google Open Source-kenner, eerste die foutboodskap-speletjie opgemerk.

Só werk dit:

Stap 1: Skakel jou Wi-Fi-verbinding af.

Stap 2: Maak ‘n nuwe blad op jou rekenaar oop.

Stap 3: Wanneer jy die ‘Unable to connect’ blad sien, druk die spasiebalk op jou sleutelbord en begin speel.

Stap 4: Die grond onder die T-Rex sal begin uitbrei en hy sal in die rigting van die kaktusse begin hardloop.

Stap 4: Probeer om oor almal te spring wat jy teëkom deur jou spasiebalk te gebruik en moenie dat T-Rex omkom nie!

As jy die speletjie begin speel het, sal jou vordering dopgehou word en met elke 100 punte is daar ’n pieng-geluid wat die telling vier. Maar die telling sal verdwyn as jy die blad verfris.

Lees ook: #SpeelSaam: Is jy reg vir ’n bietjie pret met woorde?

Hier is die YouTube-video wat dit illustreer:

Bronne: BTheNextWeb.com, uk.businessinsider.com

Ander stories op Huisgenoot.com

Kyk hoe word die nimlike Tobie Cronjé in die nare Juffrou Rottenmeier omtower

Lianie May verklap iets oor haar gesondheid wat aanhangers nie geweet het nie

Kyk: Babahondjie ontsnap kake van ’n luislang

Anneli van Rooyen praat oor haar siekte: ‘Soms is daar amper niks van my oor nie’

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

Kyk: Die internet op hol oor ‘papierdun’ vroue