Die weermag is Woensdag op ’n gereedheidsgrondslag geplaas vir die kwaai kouefront wat laatmiddag inbeweeg het.

Vyf mense het reeds gesterf. ’n Gesin van vier het op ’n plaas in Kraaifontein gesterf in ’n brand wat deur weerlig veroorsaak is. Nog ’n persoon het gesterf toe ’n gebou in Lavender Hill in duie gestort het.

Daar is skade by 22 skole in die Wes-Kaap aangerig. Dakke het afgewaai en vallende bome het heinings vernietig. Nog skade word verwag.

Van die skole waar daar skade aangemeld is, is (in die Kaapse metropolitaanse gebied): Princeton, Plumstead, Bergvliet, Vodacom se Onderwysondersteuningsentrum in Merrydale, Blomvlei, The Vine, Impendulo, Palm Park en Itsitsa.

Sommige van die skole wat beskadig is, mag dalk vir die res van die week gesluit word.

In die Kaapse Wynland-distrik het die volgende primêre skole skade aangemeld: De Tuinen,  Riverview en Victoria.

Sommige van die skole wat beskadig is, mag dalk vir die res van die week gesluit word.

Dertig strukture is ook in die Wynland-distrik vernietig en inwoners van 37 huise is dakloos gelaat.

In Malmesbury is 15 mense ontruim.

Paarl en Somerset-Wes is ook teen moontlike vloede gewaarsku.

Albertinia/Stillbaai, Tulbagh, Caledon/Greyton, De Doorns, Touwsrivier, Ladismith, Franschhoek, Worcester, Citrusdale en Darling het kragonderbrekings ervaar.

Seepunt se promenade was Woensdag onweerstaanbaar vir fotograwe en amateurfotograwe.

Nog foto's van die stormskade

Mense word aangemoedig om 112 van hul selfone in geval van nood te bel.

Bronne: news24.com, ewn.co.za