’n Verstekeling op ’n internasionale vlug tussen Johannesburg en Londen het na sy dood geval na die man vir meer as 12 000 km aan die binnekant van die vliegtuig se wielmeganisme geskuil het.

Hy het glo uitgeval toe die vliegtuig Donderdagoggend rondom 09:30 begin daal het om te land. Die Britse poniekoerant The Sun berig die man het op ’n elektriese boks op ’n besigheid se dak geval met sy voete in die lug.
’n Tweede man, wat hom saam met die eerste versteek het, het die vlug oorleef, maar is in ’n ernstige toestand in die hospitaal opgeneem. Die oorledene was glo tussen 25 en 30 jaar oud. Britse en Suid-Afrikaanse owerhede probeer nou uitpluis wat gebeur het.

Bron: News24Wire