Wonder jy ooit wat doen Wagter wanneer jy bedags uitgaan? Lê net rustig rond en slaap die dag om?

Hierdie honde-eienaar het besluit om ’n kamera op te stel om te kyk wat hond se kind aanvang sodra hy in sy motor klim.

En die gevolge was, wel, anders as wat ’n mens sou verwag.

Terwyl sy worshondjie die dag rustig op die bak verwyl, besluit die huskie dis hoogtyd om sy stembande ’n bietjie te strek.

Op ’n kol maak hy homself staan op ’n voetrus en sing sy hart uit. Sy treurmare van verlange is ’n hartroerende huldeblyk aan sy eienaar wat nie daar is nie.

Sy worshond-vriend probeer ook so ’n paar klanke inkry, maar dié vertoning is ongetwyfeld die huskie s’n.

Nou weet ons waar die wêreld se verskuilde sangtalent lê.

Bron: YouTube