, het Zimbabwe se The Herald Woensdag op hul webtuiste berig.

Volgens die webtuiste is kapt. W. van Ginkel Dinsdag aangehou nadat hy sy klere uitgetrek het toe hy tydens ’n veiligheidsvoorsorgmaatreël gevra is om sy belt te verwyder.

“Hy het hom eenvoudig by die kontrolepunt uitgetrek. Hy is in hegtenis geneem vir openbare onsedelikheid. Hy het ’n boete betaal, maar kragtens lugvaartregulasies kon ons hom ná die voorval nie toelaat om die vliegtuig te vlieg nie,” het David Chawota gesê, die hoof uitvoerende beampte van Zimbabwe se burgerlike lugvaartowerheid.

Vlug SAA 025 is weens die voorval vyf ure vertraag.

“Die vlug moes Harare om net ná seweuur verlaat, maar moes tot eenuur vertraag word sodat ’n ander span uit Suid-Afrika kon kom om die vlug te behartig,” het David na bewering gesê.

Die Zimbabwiese owerheid het blykbaar die voorval by SAL  aangemeld, maar SAPA kon hulle nie onmiddellik vir kommentaar bereik nie.