Dinsdagmiddag het die gulsige vlamme ook reeds 'n grasdakhuis in die gebied vernietig. Shawn Benn, 'n inwoner van Port Elizabeth het hierdie foto's met Algoa FM gedeel.

Intussen is van die roetes ook vir verkeer gesluit. Bydraes vir brandbestryders wat moedig teen die vlammehel veg, sal ook welkom wees.

Veldbrand naby Grabouw

Ongeveer half-vyf Dinsdagmiddag is bekend gemaak dat die N2 tussen Sir Lowrys-pas en Grabouw gesluit is.
Digte rook as gevolg van 'n veldbrand op die roete bemoeilik sigbaarheid vir motoriste.

Noodnommers

Nasionaal: 10111 (gratis vanaf 'n landlyn, normale tariewe vanaf 'n selfoon)

Selfoon-nommer: 112 (vanaf enige selfoonnetwerk in Suid-Afrika, kan gebruik word selfs sonder lugtyd)

Ambulans: 10177 (vir medies in samewerking met brandweer en polisie)

Bronne: algoafm.co.za, vws.org.za, capetalk.co.za