Die Shell-vulstasiekompleks op die N2-roete tussen Ballito en Stanger moes inderhaas ontruim word na ’n brand agter die Steers-kitskosrestaurant Sondagoggend uitgebreek het.

Jongste verwikkelinge soos teen Sondag, 14:30

Volgens IPSS Mediese Nooddienste is niemand in die voorval beseer nie. Die brand is ook intussen onder beheer gebring. Een huis is sover bekend egter deur die brand geraak.

Vroeër vandag:

IPPSS Mediese Redding-woordvoerder Samantha Meyrick het aan News24 gesê verskeie kleiner ontploffings is gehoor, vermoedelik afkomstig van gasbottels op die perseel.
"Drie vragmotors en waens is aan die brand. Een van hulle is 'n brandstoftenkwa," het sy gesê.

Twee brandweerwaens en bemanning is op die toneel om die inferno onder beheer te probeer bring. Verkeersbeamptes en Intertoll-personeel is ook op die toneel.

Volgens die nuutste berigte is die N2 nou gesluit vir verkeer.

Bron: News24

Ook op Huisgenoot.com

Mynie Grové en Karen Zoid gee die lied ‘Sweef soos ’n arend’ nuwe vlerke

Jay vier 20 jaar in die musiekbedryf; en gesels oor daai val . . .

Kokkedoor-wenners gee raad en sê hoe jy die groot familie oor die Paastyd moet onthaal

Só vier SA bekendes soos Elvis Blue, Johan Stemmet en Rina Hugo Paasfees