Dapper brandbestryders veg onverpoos voort om 'n einde daaraan te bring.

Ons deel 'n paar van die aangrypende foto's wat die omvang van die brand vertel.

Lees ook: Elgin-vallei in vlamme gehul

Die Simonsbergbrand Die Kaapse Wynland is veral swaar getref deur 'n veldbrand wat op Dinsdag 19 Januarie 2016 by Johannesdal naby Stellenbosch uitgebreek het. Uiterste hitte en wind belemmer alle pogings om die brand onder beheer te bring. Volgens News24 het meer as 2 500 hektaar land reeds in die slag gebly. Huise, plase en wingerde word bedreig deur die voortstuwende vlamme.

Die Glencairnbrand Volgens SA Breaking News het brandbestryders Donderdag 21 Januarie 2016 'n liggaam op die treinspoor tussen Sunny Cove en Glencairn naby Vishoek gevind. 'n Brand het op twee Metrorail-waens uitgebreek. Nooddienste, wat ook die vloot insluit, is op die toneel. Eyewitness News het aangedui dat 'n ondersoek ingestel is om die oorsaak van die brand vas te stel.