VanillaCupcakes

(Lewer 12)

Benodigdhede:

75 ml melk

25 g botter

75 g gewone meel

½ t bakpoeier

2 middelslag eiers

1 t vanielje-ekstrak

125 g strooisuiker

Vir die versiersel:

100 g versiersuiker, gesif

1–2 e laevetroom

1 t vanielje-ekstrak

gekristalliseerde blomme, versuikerde amandels of ander eetbare versierings van jou keuse, vir versier

Verhit die oond tot 200 °C. Plaas 12 kolwyntjiedoppies van papier in ’n muffinpan.

Verhit die melk in ’n kastrol tot amper kookpunt en verwyder dan van die hitte. Voeg die botter by, roer tot gesmelt en sit eenkant. Sif di emeel saam met die bakpoeier en voeg ’n knippie sout by. Klits die eiers en vanielje-ekstrak in ’n ander groot bak met ’n elektriese handmenger tot lig en donsig (sowat 10 minute). Klits geleidelik die suiker in tot dik en mousse-agtig. Stel die spoed laer en meng eers die meel in en dan die botterige melk .Hou op klits sodra alles ingemeng is. Skep die mengsel in die kolwyntjiehouers en bak 15 minute of tot goudkleurig en ferm wanneer aangeraak word.

Vir die versiesuiker: Meng die versiersuiker met 1 e room en die vanielje-ekstrak. As dit nie ’n samestelling het wat lekker smeer nie, voeg nog ’n bietjie room by. Versier die kolwyntjies deur ’n tafelmes in kookwater te doop en dan die versiersel met die warm mes oor elke kolwyntjie te smeer. Rond af na jou smaak.

*Die resep deur Rachel Allen is herdruk met die toestemming van die kanaal BBC Lifestyle. Met die vergunning van Food24. 

Vir hierdie en ander resepte besoek Checkers.