’n Vrou wat keelvol was daarvan dat ’n kollega herhaaldelik haar koffieverromer uit die kantoor se yskas gaps, het ’n uitstekende maar grillerige plan uitgedink om die dief op sy plek te sit. Sy het ’n nota op die yskas geplak wat lui: “Goeiemôre! Aan wie ook al heelweek my koffieverromer geniet . . . Verrassing! Jy het my borsmelk gedrink! Hoop jy het dit geniet. Gesondheid! Ns. Dis organies; so moenie bekommerd wees nie. :)”

Stay away from the coffee creamer at work from funny

Die nota het soos ’n veldbrand versprei sedert dit die eerste keer op Reddit gedeel is. Die plasing het ook meer as 1 000 kommentare op Facebook ontlok.

“Dit was ’n groot probleem by my werk. Dit het my verstand regtig te bowe gegaan dat daar gedurig vir grootmense (met ouderdomme wat wissel van 20-65) gesê moes word om ander mense se goed uit te los,” het Kale Manley op die bladsy Breastfeeding Mama Talk gesê.