Een van die boere, Stephen (24), het kykNET ingelig dat hy pas liefde gevind het en van die reeks gaan onttrek.

stephen

Stephen meen dit sal onregverdig wees teenoor sy nuwe meisie en dames wat by hom wil vlerk sleep, om voort te gaan met sy deelname aan die reeks.

Verder wil hy ook eerder ’n ander boer die kans gun om in sy plek liefde te vind.

kykNet het dus aangekondig dat ’n nuwe deelnemer die geleentheid kry om nuwe liefde te vind.

Willie van Viljoenskroon (23) is die tiende deelnemer. Hy het onlangs sy B.Com-graad in Landbou Ekonomie aan die Noordwes Universiteit behaal en is ’n saai- en beesboer.

willem

Om vir Willie ’n regverdige kans te gee, sal die sluitingsdatum vir briewe aan hom met ’n week verleng word.

Diegene wat aan Willie ’n brief wil skryf, moet dit teen middernag op 2 Junie doen – briewe aan die ander nege boere moet steeds teen middernag op 26 Mei gestuur word.

Enige iemand wat die boere beter wil leer ken en wil inskryf, kan kykNET se webtuiste besoek.