.

In Junie is fase 4-neuroblastoom, ’n vorm van senuselkanker, by die driejarige Millie McColl gediagnoseer. Sedertdien ontvang sy chemoterapie by ’n kinderhospitaal in Glasgow, Skotland. Vyf verpleegsters daar het besluit om Millie te bederf om haar moed te gee, en in 'n hartroerende video kan ’n mens sien hoe hulle die Disney-treffer Let it Go (kompleet met rekwisiete en dierbare danspassies) uit volle bors vir Millie sing.
"Julle is fantasties!”

Die kind het duidelik elke oomblik daarvan geniet, want sy het gelag en saam met haar nuwe vriendinne gesing.

Milly se ma, Lynsey McColl, het daarna op die Facebook-blad Millie’s Journey geskryf: “Ek moet hierdie pragtige vroue bedank wat gisteraand in Schiehallion op nagdiens was omdat hulle gawe mense is en Millie baie bly gemaak het. Julle is fantasties!”

Volgens Lynsey is die behandeling wat Millie moet kry, nog nie in die Verenigde Koninkryk beskikbaar nie. “Met hierdie soort en gevorderde vlak van kanker is daar ’n kans van ongeveer 80 persent dat dit sal terugkeer, en in die Verenigde Koninkryk is daar nog nie ’n behandelingsprotokol sou sy ’n terugslag hê nie.”

Die gesin hoop om Millie Amerika toe te neem vir behandeling, en hulle het ’n JustGive-blad opgestel om te help om geld vir die reis in te samel. “Elke donasie word van harte gewaardeer en dit neem ons pragtige dogter een tree nader aan die helder toekoms wat sy werklik verdien.”

Bronne: Facebook, hellogiggles.com, The Mirror