Gay ouers hoef nie verder kop te krap oor borsvoeding nie – ’n Franse verpleegster is bereid om dit teen net R1 500 per dag te doen.

Die vrou, wat net op haar internetnaam, Cecilia232, bekend is, het dié diens op die webtuiste e-loue.com geadverteer. Sy vertel sy het baie aansoeke ontvang, maar baie was nie eg nie.

Sy het aan die koerant Metro gesê: “Ek het meer as ’n dosyn aansoeke ontvang, maar net omtrent die helfte was ernstig. Die res was van perverse mense.”

Alexandre Woog, die hoof van die webtuiste, het gesê: “Dis onwettig om borsmelk in Frankryk te verkoop, maar dit is iemand dié wat ’n diens wil lewer en nie die melk in flesse verkoop nie.”